Nog onder konstruksie
Gereformeerde Volkskoolvir tuisskool en plaasskole

Tuisskool & Plaasskole

Vir die Huisgesin

Die vader as hoof van die huis en die moeder as eerste onderwyseres ontvang 'n duidelike, daaglikse leerplan. Die skooldag begin en eindig met Skriflesing, gebed en Psalmgesang.

  • 'n Jaarplan van 120 lesse per graad
  • Werk teen die gesin se eie tempo
  • Meer as een graad tegelyk aan die tafel

Vir Plaasskole

Waar verskeie gesinne op 'n plaas of in 'n gemeenskap saamstaan, kan die Volkskool as gemeenskaplike leerplan dien – met een onderwyser of ouer vir verskeie grade.

  • Geskik vir multigraad-klaskamers
  • Eenvoudige, gedrukte materiaal
  • Min afhanklikheid van internet of elektrisiteit

Hoe werk dit?

Elke graad het 'n jaarplan van 120 lesse. Die gesin of plaasskool volg dit teen sy eie tempo: daar is geen vaste weekrooster nie.

Hoe bestel ek?

  1. Kies 'n graad onder Kurrikulum.
  2. Voeg afsonderlike vakke, of die volledige kurrikulum vir die jaar, by die mandjie.
  3. Elke vak is een item: die leerderhandboek, saam met die memorandum (vir die ouer/onderwyser) waar die vak een het. Kies Elektroniese aflaai (PDF) teen R100: jy kry dadelik ná betaling die aflaaiskakels. Of kies die Gedrukte leerderhandboek teen R350 per boek; by vakke met 'n memorandum sluit dit 1 gratis gedrukte memorandum in, en ekstra memoranda kos R200 elk. Gedrukte kopieë is tans uit voorraad en word deur The Courier Guy afgelewer.
  4. Betaal veilig via PayFast.