Bybelkunde en Geloofsleer
Graad 9 · Leerderhandboek + Memorandum
Kurrikulum › Graad 9 › Bybelkunde en Geloofsleer


📖 Voorskou
10 bladsye uit die leerderhandboek
In graad 8 is die Ou Testament deurgewerk. Hierdie jaar kom die Koning self: die leerder volg ons Here Jesus Christus van sy geboorte, deur sy bediening, sy lyding, sterwe en opstanding, tot by sy hemelvaart.
Daarna volg die boek hoe die verhoogde Koning sy kerk bou van Jerusalem tot in Rome, en wat die apostels in hul briewe en in die Openbaring leer: die Koning en sy koninkryk wat groei totdat dit die hele aarde vul.
Bestel
- Leerderhandboek: 369 bladsye, 120 lesse
- Onderwysersmemorandum (vir die ouer/onderwyser): 76 bladsye
- PDF-aflaai: ná betaling kry jy aflaaiskakels vir die leerderhandboek én die memorandum (elke lêer 5 keer binne 30 dae).
- Gedrukte kopie: een gedrukte memorandum is gratis ingesluit, ongeag hoeveel leerderhandboeke bestel word. Word deur The Courier Guy afgelewer. Tans uit voorraad.
- Ekstra gedrukte memorandum (R 200,00 elk): slegs saam met die gedrukte leerderhandboek. Tans uit voorraad.
Inhoud
120 lesse in vier dele, elk met 'n assessering ná lesse 30, 60, 90 en 120:
- Lesse 1–30: Die koms van die Koning – geboorte en eerste bediening van Christus
- Lesse 31–60: Die koninkryk verkondig, verwerp en gevestig – lyding, kruis en opstanding
- Lesse 61–90: Die verhoogde Koning bou sy kerk – die Handelinge van die apostels
- Lesse 91–120: Die briewe en die Openbaring – die leer van die apostels
Elke les
- Oggendgodsdiens: 'n kort Bybellesing met verduideliking en gebedspunte vir die leerder se eie stiltetyd in die oggend.
- Skriflesing: die leerder lees die hele gedeelte eers self in sy Bybel; die belangrikste verse word in die les aangehaal.
- Die les: die leerstof self, met tussenopskrifte.
- Verbondslyn: hoe die les by God se verbond inpas, en wat ons belydenis daaroor sê.
- Memoriseer: 'n vers om uit die kop te leer (ook vir die assesserings).
- Vrae: vrae om in volsinne in die werkboek te beantwoord.
Die onderrig staan op die grondslag van die Drie Formuliere van Eenheid: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Alle Skrifaanhalings kom uit Die Boerevertaling.
Die memorandum
Die onderwysersmemorandum is vir die ouer of onderwyser. Dit bevat die vrae van elke les met voorgestelde antwoorde, en die vier assesserings met puntetoekenning en antwoorde. Met drie lesse per week word die jaar in ongeveer veertig weke voltooi.