Nog onder konstruksie
Gereformeerde Volkskoolvir tuisskool en plaasskole

Bybelkunde en Geloofsleer

Graad 8 · Leerderhandboek + Memorandum

Kurrikulum › Graad 8 › Bybelkunde en Geloofsleer

Voorblad: Bybelkunde en Geloofsleer, Graad 8, leerderhandboek
Leerderhandboek
Voorblad: Bybelkunde en Geloofsleer, Graad 8, memorandum
Memorandum

📖 Voorskou
10 bladsye uit die leerderhandboek

Hierdie boek neem die leerder deur die geskiedenis van die Ou Testament: van die skepping, deur die vloed en die aartsvaders, die uittog uit Egipte, die land Kanaän, die konings en die profete, tot by die terugkeer uit die ballingskap.

Dit is nie 'n klomp los stories nie, maar een groot geskiedenis: die geskiedenis van die verbond wat God met sy volk sluit, en wat heen wys na ons Here Jesus Christus.

Bestel

Leerderhandboek + Memorandum

  • Leerderhandboek: 360 bladsye, 120 lesse
  • Onderwysersmemorandum (vir die ouer/onderwyser): 73 bladsye
  • PDF-aflaai: ná betaling kry jy aflaaiskakels vir die leerderhandboek én die memorandum (elke lêer 5 keer binne 30 dae).
  • Gedrukte kopie: een gedrukte memorandum is gratis ingesluit, ongeag hoeveel leerderhandboeke bestel word. Word deur The Courier Guy afgelewer. Tans uit voorraad.
  • Ekstra gedrukte memorandum (R 200,00 elk): slegs saam met die gedrukte leerderhandboek. Tans uit voorraad.

Inhoud

120 lesse in vier dele, elk met 'n assessering ná lesse 30, 60, 90 en 120:

  1. Lesse 1–30: Die God van die verbond – skepping tot die aartsvaders
  2. Lesse 31–60: Die verbondsvolk gevorm – Josef tot die beloofde land
  3. Lesse 61–90: Die land en die koninkryk – Bileam tot Salomo
  4. Lesse 91–120: Afval, ballingskap en herstel – van Salomo tot Maleagi

Elke les

Die onderrig staan op die grondslag van die Drie Formuliere van Eenheid: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Alle Skrifaanhalings kom uit Die Boerevertaling.

Die memorandum

Die onderwysersmemorandum is vir die ouer of onderwyser. Dit bevat die vrae van elke les met voorgestelde antwoorde, en die vier assesserings met puntetoekenning en antwoorde. Met drie lesse per week word die jaar in ongeveer veertig weke voltooi.

← Terug na Graad 8 Na die mandjie