Bybelkunde en Geloofsleer
Graad 12 · Leerderhandboek + Memorandum
Kurrikulum › Graad 12 › Bybelkunde en Geloofsleer


📖 Voorskou
10 bladsye uit die leerderhandboek
In die laaste skooljaar bring hierdie boek die draad van vyf jaar saam. Eers sien die leerder hoe die verbond van God die hele Skrif saambind, en hoe 'n Christen vanuit die Skrif na die wêreld om hom kyk. Daarna volg die geskiedenis van die kerk, van die apostels tot by die kerke van ons eie Boervolk.
In die derde deel leer die leerder die wysheid van God uit Spreuke 7 tot 10, toegepas op die lewe van 'n jong man of vrou. Laastens bestudeer die boek wat die Skrif oor die koninkryk van Christus en die toekoms leer, en wat God se roeping vir die jong Christen is.
Bestel
- Leerderhandboek: 375 bladsye, 120 lesse
- Onderwysersmemorandum (vir die ouer/onderwyser): 76 bladsye
- PDF-aflaai: ná betaling kry jy aflaaiskakels vir die leerderhandboek én die memorandum (elke lêer 5 keer binne 30 dae).
- Gedrukte kopie: een gedrukte memorandum is gratis ingesluit, ongeag hoeveel leerderhandboeke bestel word. Word deur The Courier Guy afgelewer. Tans uit voorraad.
- Ekstra gedrukte memorandum (R 200,00 elk): slegs saam met die gedrukte leerderhandboek. Tans uit voorraad.
Inhoud
120 lesse in vier dele, elk met 'n assessering ná lesse 30, 60, 90 en 120:
- Lesse 1–30: Die verbond van God – sintese en Christelike wêreldbeskouing
- Lesse 31–60: Kerkgeskiedenis – van die apostels tot die Boerekerke
- Lesse 61–90: Die wysheid van God – Christelike etiek uit Spreuke 7–10
- Lesse 91–120: Die koninkryk van Christus – eskatologie en die roeping van die gelowige
Elke les
- Oggendgodsdiens: 'n kort Bybellesing met verduideliking en gebedspunte vir die leerder se eie stiltetyd in die oggend.
- Skriflesing: die leerder lees die hele gedeelte eers self in sy Bybel; die belangrikste verse word in die les aangehaal.
- Die les: die leerstof self, met tussenopskrifte.
- Verbondslyn: hoe die les by God se verbond inpas, en wat ons belydenis daaroor sê.
- Memoriseer: 'n vers om uit die kop te leer (ook vir die assesserings).
- Vrae: vrae om in volsinne in die werkboek te beantwoord.
Die onderrig staan op die grondslag van die Drie Formuliere van Eenheid: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Alle Skrifaanhalings kom uit Die Boerevertaling.
Die memorandum
Die onderwysersmemorandum is vir die ouer of onderwyser. Dit bevat die vrae van elke les met voorgestelde antwoorde, en die vier assesserings met puntetoekenning en antwoorde. Met drie lesse per week word die jaar in ongeveer veertig weke voltooi.