Nog onder konstruksie
Gereformeerde Volkskoolvir tuisskool en plaasskole

Bybelkunde en Geloofsleer

Graad 11 · Leerderhandboek + Memorandum

Kurrikulum › Graad 11 › Bybelkunde en Geloofsleer

Voorblad: Bybelkunde en Geloofsleer, Graad 11, leerderhandboek
Leerderhandboek
Voorblad: Bybelkunde en Geloofsleer, Graad 11, memorandum
Memorandum

📖 Voorskou
10 bladsye uit die leerderhandboek

In graad 10 is die Heidelbergse Kategismus geleer. Hierdie jaar bestudeer die leerder die ander twee belydenisskrifte: eers artikel vir artikel die Nederlandse Geloofsbelydenis, van die enige God en sy Woord tot by die laaste oordeel, en daarna die Dordtse Leerreëls, waarin die kerk die leer van God se vrye genade verdedig het.

Laastens volg die boek die goue ketting van Rom. 8:29-30, die orde van die saligheid: van God se ewige voorneme tot by die verheerliking. Die belydenis word in eie woorde weergegee; lees die belydenisskrifte self saam met die boek in die uitgawe van jou kerk.

Bestel

Leerderhandboek + Memorandum

  • Leerderhandboek: 342 bladsye, 120 lesse
  • Onderwysersmemorandum (vir die ouer/onderwyser): 84 bladsye
  • PDF-aflaai: ná betaling kry jy aflaaiskakels vir die leerderhandboek én die memorandum (elke lêer 5 keer binne 30 dae).
  • Gedrukte kopie: een gedrukte memorandum is gratis ingesluit, ongeag hoeveel leerderhandboeke bestel word. Word deur The Courier Guy afgelewer. Tans uit voorraad.
  • Ekstra gedrukte memorandum (R 200,00 elk): slegs saam met die gedrukte leerderhandboek. Tans uit voorraad.

Inhoud

120 lesse in vier dele, elk met 'n assessering ná lesse 30, 60, 90 en 120:

  1. Lesse 1–30: Die Nederlandse Geloofsbelydenis (1) – God, die Skrif en die mens (art. 1–17)
  2. Lesse 31–60: Die Nederlandse Geloofsbelydenis (2) – Christus, die kerk, die owerheid en die laaste dinge (art. 18–37)
  3. Lesse 61–90: Die Dordtse Leerreëls – die vyf hoofstukke van die leer
  4. Lesse 91–120: Die orde van die saligheid – die goue ketting

Elke les

Die onderrig staan op die grondslag van die Drie Formuliere van Eenheid: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Alle Skrifaanhalings kom uit Die Boerevertaling.

Die memorandum

Die onderwysersmemorandum is vir die ouer of onderwyser. Dit bevat die vrae van elke les met voorgestelde antwoorde, en die vier assesserings met puntetoekenning en antwoorde. Met drie lesse per week word die jaar in ongeveer veertig weke voltooi.

← Terug na Graad 11 Na die mandjie