Nog onder konstruksie
Gereformeerde Volkskoolvir tuisskool en plaasskole

Bybelkunde en Geloofsleer

Graad 10 · Leerderhandboek + Memorandum

Kurrikulum › Graad 10 › Bybelkunde en Geloofsleer

Voorblad: Bybelkunde en Geloofsleer, Graad 10, leerderhandboek
Leerderhandboek
Voorblad: Bybelkunde en Geloofsleer, Graad 10, memorandum
Memorandum

📖 Voorskou
10 bladsye uit die leerderhandboek

Hierdie jaar bestudeer die leerder die Heidelbergse Kategismus, Sondag vir Sondag, van ons enigste troos in lewe en sterwe tot by die laaste woord van die Onse Vader. Die kategismus volg die gang van die brief aan die Romeine: eers ons sonde en ellende, dan ons verlossing deur Jesus Christus, en laastens ons dankbaarheid.

Op die pad leer die leerder ook wat die kerk is, wat die sakramente van die doop en die nagmaal beteken, en hoe Christus sy kerk deur die ampte regeer. Waar 'n kategismusvraag aangedui word, leer die leerder ook daardie vraag en antwoord woordeliks.

Bestel

Leerderhandboek + Memorandum

  • Leerderhandboek: 270 bladsye, 120 lesse
  • Onderwysersmemorandum (vir die ouer/onderwyser): 74 bladsye
  • PDF-aflaai: ná betaling kry jy aflaaiskakels vir die leerderhandboek én die memorandum (elke lêer 5 keer binne 30 dae).
  • Gedrukte kopie: een gedrukte memorandum is gratis ingesluit, ongeag hoeveel leerderhandboeke bestel word. Word deur The Courier Guy afgelewer. Tans uit voorraad.
  • Ekstra gedrukte memorandum (R 200,00 elk): slegs saam met die gedrukte leerderhandboek. Tans uit voorraad.

Inhoud

120 lesse in vier dele, elk met 'n assessering ná lesse 30, 60, 90 en 120:

  1. Lesse 1–30: Ons enigste troos, ons ellende en die begin van ons verlossing (Sondag 1–11)
  2. Lesse 31–60: God die Seun en God die Heilige Gees (Sondag 12–22)
  3. Lesse 61–90: Regverdiging, die sakramente en die sleutels (Sondag 23–31)
  4. Lesse 91–120: Die dankbaarheid – die wet en die gebed (Sondag 32–52)

Elke les

Die onderrig staan op die grondslag van die Drie Formuliere van Eenheid: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Alle Skrifaanhalings kom uit Die Boerevertaling.

Die memorandum

Die onderwysersmemorandum is vir die ouer of onderwyser. Dit bevat die vrae van elke les met voorgestelde antwoorde, en die vier assesserings met puntetoekenning en antwoorde. Met drie lesse per week word die jaar in ongeveer veertig weke voltooi.

← Terug na Graad 10 Na die mandjie