Bybelkunde en Geloofsleer
Graad 1 · Leerderhandboek + Memorandum
Kurrikulum › Graad 1 › Bybelkunde en Geloofsleer


📖 Voorskou
10 bladsye uit die leerderhandboek
Hierdie boek is bedoel om saam met u kind gelees te word. 'n Kind van ses of sewe jaar kan nog nie self die Bybel lees nie; daarom lees die ouer voor, vertel, vra en bid saam.
Ons kinders is verbondskinders. Hierdie eerste jaar vertel hulle van die God wat skep en belowe: van die skepping en die val, deur Noag, Abraham, Isak, Jakob en Josef, tot by Moses, die wet en die intog in die beloofde land onder Josua. Die geskiedenis word getrou aan die Skrif vertel, in eenvoudige woorde. Een les neem ongeveer 20 tot 30 minute.
Bestel
- Leerderhandboek: 371 bladsye, 120 lesse
- Onderwysersmemorandum (vir die ouer/onderwyser): 55 bladsye
- PDF-aflaai: ná betaling kry jy aflaaiskakels vir die leerderhandboek én die memorandum (elke lêer 5 keer binne 30 dae).
- Gedrukte kopie: een gedrukte memorandum is gratis ingesluit, ongeag hoeveel leerderhandboeke bestel word. Word deur The Courier Guy afgelewer. Tans uit voorraad.
- Ekstra gedrukte memorandum (R 200,00 elk): slegs saam met die gedrukte leerderhandboek. Tans uit voorraad.
Inhoud
120 lesse in vier dele, elk met 'n assessering ná lesse 30, 60, 90 en 120:
- Lesse 1–30: Wie is God? Die skepping tot Noag
- Lesse 31–60: God se verbond met Abraham, Isak en Jakob
- Lesse 61–90: Josef en Moses – God bewaar en verlos sy volk
- Lesse 91–120: Die wet en die beloofde land – Sinai tot Josua
Elke les
- Lees saam: die ouer lees die aangeduide gedeelte uit sy eie Bybel vir die kind voor.
- Die verhaal: 'n kort vertelling om stadig voor te lees en oor te gesels.
- Ons leer: een of twee eenvoudige waarhede om te onthou, met 'n verwysing na ons belydenis.
- Memoriseer: 'n vers om saam hardop te lees en uit die kop te leer.
- Vrae: mondelinge vrae; die kind omkring of skryf een woord as hy kan.
- Doen: 'n tekenblok vir die kind se eie tekening oor die les.
- Bid saam: 'n kort voorstel vir 'n gebed om die les mee af te sluit.
Die onderrig staan op die grondslag van die Drie Formuliere van Eenheid: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Alle Skrifaanhalings kom uit Die Boerevertaling.
Die memorandum
Die memorandum is vir die ouer of onderwyser. Dit bevat die antwoorde op die vrae van elke les, en die vier eenvoudige mondelinge assesserings ná lesse 30, 60, 90 en 120, sonder punte: die ouer teken aan of iets bemeester, op pad of nog nie bemeester is.