Nog onder konstruksie
Gereformeerde Volkskoolvir tuisskool en plaasskole

Tien maande in ’n Vrouekamp

mev. Emily Jansen (geb. Darling), opgeteken deur Wilhelmina Riem Vis

Boek Winkel › Tien maande in ’n Vrouekamp

Voorblad: Tien maande in ’n Vrouekamp

📖 Voorskou
10 bladsye uit die boek

Die lewe en lyding van ’n Boeregesin in Transvaal tydens die laaste Oorlog met Engeland, deur mev. Emily Jansen (geb. Darling), opgeteken deur Wilhelmina Riem Vis.

Volgens die voorberig berus die verhaal, vir sover dit die oorlog en die kampe betref, op feite. Die Transvaalse vrou wat aan die woord gestel word, het haar mededelings in Kaapstad opgeteken, waar sy weer by haar familie aangesluit het nadat sy tien maande lank in twee verskillende vrouekampe deurgebring het.

Sy vertel van gelukkige dae op die plaas, die uitbreek van die oorlog, die wegvoering, die kamplewe en die kamp te Irene, tot by haar bevryding. Sy skryf in die hoop dat die leser nie net die geloofsmoed van die manne en jongelinge wat vir hul vaderland stry, sal bewonder nie, maar self dieselfde geloofsmoed sal leer beoefen, en ook die geduld en vrome berusting van die verdrukte vroue sal bewonder.

Bestel

  • 156 bladsye
  • Uitgegee deur Die Rebellie Boekhandel
  • ISBN 978-1-0483-6686-0
  • Elektroniese weergawe: PDF en EPUB (vir e-lesers)
  • Elektronies: een aankoop; ná betaling kry jy twee aflaaiskakels, een vir die PDF en een vir die EPUB (elke lêer 5 keer binne 30 dae).
  • Gedrukte kopie: word deur The Courier Guy afgelewer. Tans uit voorraad.

Inhoud

← Terug na die Boek Winkel Na die mandjie